En die benoemings vir Silwerskermtoekennings in die kategorieē vir kortfilms en dokumentêre is …

Die Silwerskermbeeldjies word vanjaar by twee geleenthede oorhandig. Die 12de kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en TV se eerste seremonie vir die filmkategorieë vind op Saterdag 31 Augustus om 10:00 by die Bay Hotel in Kampsbaai plaas. Daarna word die blou tapyt om 16:00 by die Kiks uitgerol vir die tweede seremonie van die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat opgeneem word en Sondag 1 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai sal word.

DIE BENOEMINGS VIR KORTFILMS:

Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Noise & Neighbours – Fraser du Toit
  • Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard
  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen & Linsen Loots

Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Noise & Neighbours – Liza Ludick
  • Marie se laaste dag – Lourensa Eckard
  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen
  • Die Groot Twis – Johann Vermaak

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Noise & Neighbours
  • Marie se laaste dag
  • Die Skynwerper
  • Die Groot Twis

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Tom Marais
  • Baas se honne – Jorrie van der Walt
  • Noise & Neighbours – Vincent Boonzaaier
  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Noise & Neighbours – Mark Haines
  • Liminale – Matthew Swanepoel
  • Baas se honne – Leon Visser
  • Die Groot Twis – Louise Bruwer
  • Marie se laaste dag – Regardt Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Baas se honne – Albert Pretorius
  • Die Skynwerper – Ben Albertyn
  • In die verloop van – Wilhelm van der Walt
  • Noise & Neighbours – Tobie Cronjé

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Mandri Sutherland
  • Selah – Erica Wessels
  • Deuntjie – Daneel van der Walt
  • Noise & Neighbours – Olwethu Kunene

Beste Shotgun-kortfilm

  • Baas se honne
  • Liminale
  • Selah

DIE BENOEMINGS VIR DOKUMENTÊRE:

Beste kort dokumentêr

  • Vergeet van my
  • Maak stil die geblaf
  • Tussen die draad en die dropper

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Beer Adriaanse
  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron
  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder
  • Tussen die draad en die dropper – De Wyk Pretorius